Politieke Notaboek | Zuma se vaatjie vol uitvaagsels

DIE WEEK IN DIE NUUS

Politieke Notaboek | Zuma se vaatjie vol uitvaagsels

MAX DU PREEZ skryf oor die rassistiese diamantsmokkelaar wat Jacob Zuma se nuutste weldoener is, oor die ANC se verkiesingskonferensie wat soos 'n veevendusie tydens die runderpes gaan lyk en oor Suid-Afrika wat steeds weier om 'n vinger teen Vladimir Putin te verroer.

AS Hillary Clinton se gewraakte tipering van Donald Trump-groupies as ’n “basket of deplorables” ooit in Suid-Afrika van toepassing was, is dit op die Jacob Zuma-trawante in die Pietermaritzburgse hooggeregshof dié week waar hy probeer om ’n joernalis en ’n staatsaanklaer privaat te vervolg.

Bo-op dié vaatjie vol uitvaagsels is die man wat ’n halfmiljoen rand gedeponeer het om die saak moontlik te maak, die omstrede diamantsmous en aartsrassis Louis Liebenberg.

Maar neffens hom lê Carl Niehaus en die Zuma-stigting se Mzwanele Manyi, wat albei hulle foonkameras in Karyn Maughan en Billy Downer se gesigte gaan druk het waar hulle in die beskuldigdebank met hulle prokureur beraadslaag het. Hulle het dit agterna met groot leedvermaak op sosiale media geplaas om by die koor van vloekers aan te sluit...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.