Cyril se Achilleshiel nou ook hele SA s’n

ONS, DIE MENSE, KOM TWEEDE

Cyril se Achilleshiel nou ook hele SA s’n

Opposisiepartye het president Ramaphosa gekritiseer vir sy versuim om op te tree teen kabinetsministers wat by staatskapingsmisdade betrek word. Ramaphosa was nooit van plan om op te tree nie, skryf JUSTICE MALALA, aangesien hy die ‘eenheid’ van die ANC baie hoër ag as wat hy oor Suid-Afrika se sukses bekommerd is.

DIE dag waarop daar oor pres. Cyril Ramaphosa se bewind besin word, lê dalk nie so ver in die toekoms nie. Dit kan moontlik net nog ses weke wees (aangesien die man se ANC-herverkiesingsveldtog tans groot taktiese foute maak en die potensiële bondgenote vervreem), of dit kan oor vyf jaar plaasvind. Dit maak egter nie regtig saak nie. Al hierdie brokkies ontleding sal ’n pynlike waarheid oor die man moet bekyk: Sy eerste liefde is die ANC en sy verganklike eenheid. Ons, die mense, het nog altyd tweede gekom – en Ramaphosa het dit nog altyd duidelik gemaak.

Read this article in English:

In Desember 2018, nadat hy die presidentskap oorgeneem het van die ANC wat tot in sy kern korrup was as gevolg van wat Ramaphosa as die “nege verkwiste jare” van Jacob Zuma se presidentskap beskryf het, het hy nagelaat om die mense af te dank, en die praktyke wat tot daardie verkwisting gelei het, te verwerp. In plaas daarvan het hy sy korrupte kamerade omarm en hulle as kabinetsministers, senior staatsamptenare en as assistente en parlementêre leiers aangehou. Eenheid van die ANC was sy mantra...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.