Bloed kan vloei in die nuwe vakbondstryd

ANC SE HOUVAS ÁL SWAKKER

Bloed kan vloei in die nuwe vakbondstryd

Die nou byna onvermydelike einde van die ANC kan bespoedig word as die EFF sy eie arbeidsfederasie tot stand sou bring, skryf JUSTICE MALALA.

DIE bloed gaan vloei. Dít is die uiterste scenario as ’n nuwe vakbondfederasie sou ontstaan uit die geledere van die EFF, wat besig is om in groot sektore soos mynbou, metale en die staatsdiens te organiseer met dieselfde soort taktiek wat die party onder die vaandel van #FeesMustFall by tersiêre instellings gebruik het.

Nuwe vakbonde beteken ’n nuwe bakleiery oor wie waar in beheer is. En nuwe gevegte oor wie deur werkgewers erken gaan word. Dit kan selfs die politieke landskap omvorm. Kortom: Dis g’n geringe ontwikkeling in Suid-Afrika se reeds stukkende politiek nie.

Selfs al sou die bloed nié vloei nie, sal daar ontwrigting en angs in werkplekke wees; daar sal wrywing in gemeenskappe soos by Marikana wees wat om ’n enkele werkgewer of bedryf ontstaan het; en daar sal kommer in die gemoed van beleggers wees wanneer die arbeidsmark opnuut gefragmenteer word en nie met een stem praat nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.