Opmars van die ‘super blacks’: hulle wat gelyker as die res van ons is

DUBBELE STANDAARDE

Opmars van die ‘super blacks’: hulle wat gelyker as die res van ons is

Lindiwe Sisulu en Dali Mpofu is goeie voorbeelde van 'n groepie mense vir wie ánder reëls skynbaar geld, skryf JUSTICE MALALA.

DAAR is ’n nuwe en spesiale klas mense in SA. Ek noem hulle die “super blacks”. Hierdie klas het vir hulself die reg toegeëien om ander swart mense en rasse te beledig en te ontken, maar niemand durf húlle kritiseer nie. Hulle het spesiale regte op waardigheid wat ander swart mense en diegene buite hul klas nie het nie.

Ja, liewe leser, deur hierdie klas mense kan ons sien dat hoewel die nuwe Suid-Afrika net 28 jaar oud is, ons oorgegaan het van die groot beginsel dat “almal gelyk is” na een waar “sommige meer gelyk is as ander”. Ons is alles wat George Orwell se roman Animal Farm voorspel het: van ’n edele stryd vir gelykheid vir almal tot die werklikheid van ’n land waar sommige holier than thou is.

Vir hierdie spesiale mense, hierdie “super blacks”, is sommige regte nie universeel nie. Dis slegs vir ’n spesiale groep – hulself. Niks het hierdie groep so duidelik blootgelê soos die “debatte” oor die regbank en Grondwet wat die laaste paar weke gewoed het nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.