Covid-herinfeksie: Omicron is ’n derduiwel

RAAK GEWOOND DAARAAN

Covid-herinfeksie: Omicron is ’n derduiwel

Ons weet al van vroeg in die pandemie af dat mense 'n tweede of 'n derde of selfs meer kere Covid kan kry. Maar hoe werk herinfeksie? En kom dit werklik ál meer voor? ANNELIESE BURGESS en ADRI KOTZÉ stel ondersoek in – en die kort antwoord is dat hoewel ons nog nie al die antwoorde het nie, weet ons dat Omicron 'n bliksem is.

EEN van die heel eerste gevalle van herinfeksie was 'n man van Hongkong wat in Maart 2020 Covid gekry het, en toe weer 142 dae later (https://academic.oup.com/cid/article/73/9/e2946/5897019) positief getoets het. Sedertdien het herinfeksie ál meer en ál wyer voorgekom, met vroeë navorsing (https://www.medrxiv.org/content/10.1101/2021.11.11.21266068v2) deur Suid-Afrika se wetenskaplikes wat daarop dui die gevaar om weer geïnfekteer te word het vinnig toegeneem nadat Omicron op die toneel verskyn het. 

Wat is herinfeksie?

Die VSA se Centers for Disease Control and Prevention (CDC) verduidelik (https://www.cdc.gov/coronavirus/2019-ncov/your-health/reinfection.html) dat herinfeksie met die virus wat Covid-19 veroorsaak, gebeur wanneer 'n persoon geïnfekteer was, herstel het en dan later weer die infeksie opdoen...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.