Cyril-innie-myril van ’n perfekte storm

WERKERSDAG-MOLES

Cyril-innie-myril van ’n perfekte storm

Cyril Ramaphosa is op Werkersdag deur ’n perfekte storm in arbeidspolitiek getref, skryf PIET CROUCAMP. Hy gesels met Gideon du Plessis van Solidariteit oor die konteks van Ramaphosa se vernedering.

DIE vakverbond Cosatu het Cyril Ramaphosa, president van Suid-Afrika én die regerende party, op Werkersdag sonder doekies omdraai in Rustenburg die deur gewys. Dié openbare verwerping sal waarskynlik nie die ANC-leier se pad na ’n tweede termyn tydens die Desember-leierskapsverkiesing ontspoor nie, maar die geleentheid was ’n politieke vernedering met permanente gevolge vir die ANC.

Wat ANC-faksiepolitiek betref, behoort dit Ramaphosa se opponente beslis aan te moedig om soortgelyke geleenthede te orkestreer in ’n poging om stelselmatig weg te kalwe aan die ANC-president se beeld as onomstootlik.

Gwede Mantashe het as minister van minerale en energie noodgedwonge tot die spanning in Rustenburg toegetree en onnadenkend beweer dat dit Cosatu was wat die gebeure op 1 Mei georkestreer het, maar alle aanduidings is dat hy politieke vlieë vang. Die behandeling wat die ANC-leier gekry het, is waarskynlik eerder die nadraai van vakbonde se toenemende ontmagtiging en ’n desperaatheid aan die kant van onder meer die National Union of Mineworkers (NUM) om homself binne arbeidspolitiek te herposisioneer. Vakbonde is uiters verdeeld en het nie meer naastenby die politieke impak van drie dekades gelede nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.