Die pyn en plesier van ’n gesnoeide lady garden

POËSIE

Die pyn en plesier van ’n gesnoeide lady garden

Die skrywer EMMA BEKKER se suster stiek haar vir ’n Brazilian by Zahira, die voorste vrou as dit by wax op geheime plekke kom. Sy het vooraf haar bedenkinge en agterna ook. Aanvanklik.

DIE hele gedoente rondom die ontslae raak van liggaamshare was in my jeug maar ’n wolhaarstorie. Ons huiskultuur het nie klem gelê op flambojante ontharingsrituele nie. My pa se daaglikse skeerroetine en my ma se sporadiese been- en onderarmhaarverwydering was die somtotaal van my vroeë blootstelling aan follikelgevegte.

Toe puberteit my besonder vroeg besoek en seën met ’n welige donker doosdos, was die duiwel in my kindergemoedjie los. Op die vooraand van ’n Voortrekkerkamp (en die beklemmende vrees van uittrek en stort voor maatjies), het ek het met my lomp tienjarige handjie en my pa se skeermes in die stort probeer om die baldadige bewys van my florerende vroulikheid te besnoei. My hand kon nie so goed koers hou soos die Voortrekkerleuse nie. Die eindproduk het gelyk soos ’n bosdiertjie wat uit die kloue van ’n roofdier ontsnap het. Daarna het ek besluit om maar eerder Moeder Natuur haar gang te laat gaan. Pastoriedogters is nie aangemoedig om bikini’s te dra nie en daarom was daar nie eens sprake daarvan om weer gou ’n lem naby die labiale dampkring te bring nie. Deur die genade was baaikostuums ook nie die hoofontspanningsdrag op die Hoëveld nie.

My babasus, wat elf jaar jonger as ek is, het die ou orde omver kom werp. Sy het ’n lyf vir bikini’s, kom uit ’n generasie van ywerige onthaarders en is ontdaan van pastorale preutsheid...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.