TERWYL die vlieënier van my vlug op die Qatar-lugdiens laas Sondagmiddag oor Istanbul, Turkye sirkel om asem te skep vir die landing, wonder ek of die Turkse polisie my steeds soek.
Want 37 jaar gelede is ek inderhaas in die vroeë oggendure aan die suidkus deur Marmaris se doeane per veerboot na die Griekse eiland Rhodos in ’n poging om inhegtenisneming ná my onderonsie met ’n Turk in dié visdorpie se jagklub te vermy.
Te veel drank en ongebreidelde avontuurlus het dié aand die oorhand gekry. Drie maande tevore het ek my balsak die laaste keer by regiment-sersant-majoor Jack Pearce se army-stoor ingehandig. Ter verduideliking moet ek dalk net meld dat die skurwe Turk teen vieruur die oggend sy Amerikaanse girlfriend se kop die tweede keer in ’n bestek van vier ure op die tafel gekap het ná ’n stryery wat niks met my te doen gehad het nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Wapens troef feite by gesprek oor taxibloedbad