Oekraïne-oorlog is só ook Afrika se oorlog

PUTIN AS STERK MAN

Oekraïne-oorlog is só ook Afrika se oorlog

Afrika durf nie selektief wees in sy begrip van menseregteskendings nie, skryf PIET CROUCAMP. Die oorlog in Oekraïne verg universele verdoeming, so nie word daar maklik regverdiging gevind hoekom menseregte in ’n bepaalde konteks geskend mag word.

TYDENS die Sondagaandprogram Kommentaar op RSG maak ’n kollega van elders in die akademie die punt dat Afrika se bemoeienis met die oorlog in Oekraïne nét tentatief kan wees.

Die mening dat die militêre geweld van Rusland se Vladimir Putin en die dapper verset van Oekraïne se Volodymyr Zelensky ’n Oos-Europese oorlog is waarby Afrika geen belang het nie, is baie algemeen. Dit is nié Afrika se oorlog nie, word aangevoer.

Ek sou verstaan as dié argument deel van die EFF se politieke manifes was, maar hoekom draal so ’n eensellige redevoering, met al die ontsaglike gevolge vir menseregte wat daagliks deur die internasionale media vertoon word, in die ivoortorings van die akademie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.