DIE boek Days of Zondo: The Fight for Freedom from Corruption deur Ferial Haffajee en Ivor Chipkin is ’n lekker dik een, amper soos die Bybel. Dit laat die vraag ontstaan of dit dié boek oor die “sondekommissie” is, soos sommige mense hierdie ondersoek deur regter Raymond Zondo na korrupsie en staatskaping noem.
Die hoofskrywer het ongetwyfeld die geloofwaardigheid om ’n toonaangewende gids oor ’n belangrike mylpaal in die hedendaagse geskiedenis van ons land te skryf. As mederedakteur van Daily Maverick en ’n oudredakteur van Mail & Guardian en City Press is Haffajee een van die grootste name in die Suid-Afrikaanse joernalistiek.
Sy dek al van voor 1994 af die ontvouende storie van Suid-Afrika en is een van die joernaliste en redakteurs wat met onophoudelike ondersoeke en onthullings die grondslag help lê het vir die “geregtelike kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping, korrupsie en bedrog in die openbare sektor, insluitend staatsorgane” wat voormalige president Jacob Zuma in Januarie 2018, kort voor die einde van sy bewind, ingestel het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.