US se Elmi Muller: ‘Oorplantings is deel van my identiteit’

ONDERHOUD MET DEKAAN

US se Elmi Muller: ‘Oorplantings is deel van my identiteit’

Prof. Elmi Muller, ’n wêreldbekende orgaanoorplantingchirurg, is sedert die begin van die jaar die dekaan van die fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. ELSABÉ BRITS het met haar gesels oor etiek, eerlikheid, dokters se siekekamermaniere en medici se sielkundige gesondheid.

SY mag wel ’n dekaan wees, maar in haar bloed vloei die DNS van ’n chirurg. Vroeg op ’n Vrydagoggend gesels sy in haar kantoor by die Universiteit Stellenbosch (US) se mediese kampus, neffens die Tygerberg-hospitaal, met ’n koppie koffie in die hand.

“Ek was gisteraand in die teater om ’n nieroorplanting te doen,” antwoord sy op die eerste vraag. Muller doen steeds al die nier- en leweroorplantings by Universiteit van Kaapstad (UK) se privaat hospitaal, en sy help met dié oorplantings by die Groote Schuur-hospitaal indien sy benodig word.

“Ek is baie lus om hiér [Tygerberg-hospitaal] ook betrokke te raak, al is die program baie klein.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.