‘Hospitaal van Hoop het my gered’

NIKS OM OOR TE KLA NIE

‘Hospitaal van Hoop het my gered’

’n Trokbestuurder van Bellville het so amper nie sy 65ste verjaardag gemaak nie weens ’n taai stryd met Covid-19. Richard Abrahams vertel aan BIÉNNE HUISMAN dat hy ewig dankbaar is vir die goeie behandeling wat hy in die veldhospitaal in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum ontvang het. En hy hoop sy storie stel ander Wes-Kapenaars gerus oor dié provinsie se Covid-19-geriewe.

OP 22 Julie het Richard Abrahams, sy vrou en drie kinders sy 65ste verjaardag gevier met ’n oranje koek en goeie wense in hul huis in Bellville. Abrahams het net ’n klein snytjie koek geëet, want hy is ’n diabeet.

Die professionele bestuurder by ’n Kaapse ingenieursfirma het so byna-byna nie sy verjaardag gemaak nie. Hy sê dis te danke aan die top-gesondheidsorg wat hy by die Tygerberg-hospitaal en die Hospitaal van Hoop – die veldhospitaal in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) – gekry het dat hy nog leef.

Op 24 Junie kon Abrahams nie asemhaal nie toe hy op suurstof geplaas is in die Tygerberg-hospitaal. Hy het die vorige dag positief getoets vir Covid-19. Twee dae later is hy geskuif na die hospitaal in Kiks. In die ambulans op pad soontoe het hy heeltyd suurstof deur 'n masker gekry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.