Sportsterre nie gevrywaar van probleme met geestesgesondheid

SPORT-PSIGE IN DIE KOLLIG

Sportsterre nie gevrywaar van probleme met geestesgesondheid

Nadat die 26-jarige Springbok-rugbyspeler Sbu Nkosi onlangs verdwyn het, het die geestesgesondheidsprobleme van prominente sportmense weer onder die loep gekom. Daar bestaan nie genoeg diep en grondige navorsing oor die spesifieke voorkoms van geestesongesteldheid onder elite sportlui nie, maar in werklikheid lyk dit of die voorkoms beduidend hoër is onder die supersterre as onder die algemene bevolking, skryf LOUIS AWERBUCK.

ONLANGS gons die media oor Sbu Nkosi wat soos ’n groot speld verdwyn het. Die 26-jarige is ’n Springbok-rugbyspeler (wat al op 16 vir die Pumas se provinsiale span uitgedraf het), ’n gewilde komponent van die Blou Bulle-span, en in die fleur van sy lewe. Natuurlik was daar rede tot kommer, want geen logiese verklaring vir Nkosi se verdwyning het aanvanklik na vore gekom nie.

Mense het uiteraard begin onraad vermoed. Genadiglik is die sportster drie weke nadat hy soek geraak het ongedeerd aangetref by sy pa se huis in Mpumalanga. Luidens berigte het dit egter nie goed met hom gegaan toe hy gevind is nie. Volgens ’n onderhoud met Sport24 het Nkosi erken dat hy daagliks “in ’n bondeltjie opgekrul lê by sy pa”, en dat hy sy bes doen om sy geestesgesondheid te probeer bestuur. Hy het verder bekend gemaak hoedat hy sielkundige druk al vir ’n paar jaar voel opbou het, en hoe ’n groot stryd sy geestesgesondheid deurgaans vir hom is.

’n Vinnige Google-soektog lewer vele berigte op wat verslag lewer oor hierdie blitsvinnige vleuel se betrokkenheid by dissiplineverwante voorvalle in die verlede. Niemand leer spelers regtig hoe om hulleself, hulle gedagtes en hulle emosies te bestuur nie,” het ’n afgematte Nkosi glo vanuit sy ouerhuis gesê...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.