Kouewaterswem is meer kuur as gier

YSIG LEKKER

Kouewaterswem is meer kuur as gier

Dis nie meer net vir ysbere soos Lewis Pugh wat in Antarktika swem nie. Gewone mense op gewone plekke oral in die wêreld glo aan 'n koue plons vir genot en gesondheid, skryf MARISA SMALBERGER.

  • 24 September 2021
  • Vrye Tyd
  • 7 min om te lees
  • artikel 23 van 38
  • Marisa Smalberger

DIS verslawend. Daarvan kan ek getuig. Ek spring sonder huiwering die seewater in en skep handevol water oor my lyf. Dan duik ek versigtig in en ná 'n paar armhale swem ek gewigloos en vry. 

Soms skiet koue flitse oor my vel en ek kry 'n roomys-hoofpyn, maar dit verdwyn lank voordat dit 'n probleem word. Die water omvou jou soos 'n ragfyn syserp. Dan kyk ek en my swemmaats met yslike glimlagte na mekaar en sê: “Sjoe, dis lekker vandag, nè!”

My tuiswaters klok gewoonlik in tussen 11 °C en 14 °C. Nie juis warm nie. Die omgewingsfaktore, soos hoeveel son en wind daar is, het 'n groot invloed op hoe lank ek gemaklik voel in die koue water. Ek swem meestal sonder 'n duikpak, maar is versot op my stroombelynde neopreenpak vir dae wanneer ek lang swemsessies in selfs laer temperature gemaklik wil voltooi. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.