Kriegler sit aan met Kissinger en Le Carré

NIE DIE PROUST-VRAELYS NIE

Kriegler sit aan met Kissinger en Le Carré

HEINDRICH WYNGAARD wonder wat skep, skink en dink ... oudregter Johann Kriegler.

OUDREGTER Johann Kriegler, demokratiese Suid-Afrika se eerste verkiesingsbaas, was pas by die tandarts. Ek vis oor die doel van die besoek (omdat ons tog oor kos gaan praat). Hy antwoord beleefd, lag eintlik vir die vraag: “Ek’t gehoop my tande sou my deursien, maar ...”

Afgetree mag hy dalk vandag wees, maar steeds aktief met gereelde media-onderhoude en ook sy betrokkenheid by onder meer die organisasie Freedom Under Law (FUL). Hulle was pas in die nuus oor hulle voorbehoud oor die samestelling van ’n presidensiële paneel om ’n nuwe hoofregter in Mogoeng Mogoeng se plek aan te stel. Waarom is dit vir hulle belangrik dat die bes bekwame mense die keurpaneel vir ’n nuwe regter uitmaak? “Slegs bekwame keurders,” sê die regter, “kan ’n bekwame keuse maak.”

Het hy gehoor hy is deur ’n RSG-luisteraar as ’n kandidaat vir nuwe hoofregter voorgestel? “Goeie genugtig,” hoor jy hom lag, “nou het ek alles gehoor!” En hoe voel hy daaroor dat een van sy uitsprake as regter nog in die week in die Jacob Zuma-wapenverhoor as verwysing deur die oudpresident se regsverteenwoordiger, adv. Dali Mpofu, gebruik is? “Dit hang af hóé dit gebruik word,” antwoord hy...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.