Chenin blanc, van goeie ou steenwyn tot die edelsteen in SA...

TJEERS OP STEENWYN!

Chenin blanc, van goeie ou steenwyn tot die edelsteen in SA se wynskatkis

Of jy nou van Jan van Riebeeck hou of nie, hy het sy wingerdstokkies geken. En dis in sy tyd aan die Kaap die Goeie Hoop dat steenwyn, oftewel wyn van chenin blanc-druiwe, een van ons land se eerste uitvoerprodukte geword het. Vandag nog hou ons chenin-wyne (én hul makers) ons naam oraloor hoog. En dít verdien ’n glasie van een van die bestes, skryf MELVYN MINNAAR.

IN die 16de-eeuse Franse skrywer François Rabelais se lieflike satire Gargantua vertel hy in hoofstuk 25 hoe vrolik chenin-druiwe deel van die skawagters se fees was. Om die waarheid te sê, g’n fees is volledig sonder chenin blanc nie. Nie toe nie en nie vandag nie.

Wat wyne van hierdie druif – glo oorspronklik in Rabelais se dae inheems aan die streek rondom Mont Chenin in Touraine – so vrolik maak, is dat dit hier en nou so lekker Suid-Afrikaans is. En boonop so goed en uniek is en wêreldwyd aandag trek. Of jy nou van Jan van Riebeeck hou of nie, hy het sy wingerdstokkies geken, maar sou nooit die toekoms daarvan in die Kaapse wynlande kon voorspel nie.

In 1792 keer die VOC se skip Flute de Hoop terug na Nederland nadat hy 219 soldate by die Kaap die Goeie Hoop afgelaai het met onder meer ’n besending wyn aan die Here XVII. Volgens dokumentasie was daar 20 lêers wit “steenwyn", prys 960 gulden, aan boord...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.