Lank lewe die Peppermint Crisp

GROEN GOUD

Lank lewe die Peppermint Crisp

Dit was ’n donker dag in MARLISE SCHEEPERS se lewe toe sy hoor Peppermint Crisp se dae op ons winkelrakke is getel. So erg dat sy naarstiglik aan die werk geraak het op soek na ’n alternatiewe bestanddeel vir een van Suid-Afrika se gunstelingterte. Sy het intussen van die skok herstel en deel nou haar (naas)beste resep vir dié poeding.

DIE meeste mense se paniekaankope bestaan uit toiletpapier, bottels water en blikkieskos. Ek het nog nooit paniekaankope gedoen nie. Ek het wel al troosaankope gedoen. Dis die aankope van goed wat jy glad nie nodig het nie. Dit het wel met kos te make, maar dit is nie gesonde kos soos vleissnitte, vrugte of bestanddele vir ’n lekker sop nie. Nee, dit is goed soos ’n boks Coco Pops. ’n Pak tamatiesousgeur-tjips. Roomys. Lekkergoed soos drop. Kitspakkies met pannekoek- of muffinbeslag. ’n Tweeliter-Coke. Sjokolade- of aarbei-hasiemelk (Nesquik) en ’n blikkie Milo. Sjokoladestafies soos die donker sjokolade-Kit Kat, Peppermint Crisp, enige wit sjokolade, ’n Lunch Bar, Bar One of ’n Nosh.

Dít koop en verorber ek natuurlik nie alles op een slag nie. Dit sal in die eerste plek hopeloos te duur en luuks wees, en in die tweede plek sal geen mens se liggaam dit fisiek kan verwerk nie. Maar as ek met een van hierdie items by die huis kom – veral roomys of ’n sjokoladestafie – dan kan jy maar weet ek trek swaar. Een of ander iets pla my. Ek is bekommerd en tob oor iets. Ek is waarskynlik na aan “uitfreak”, maar ek weet die endorfiene wat my liewe ou brein ná die eerste happie gaan afskei, sal my weer op die pad kry. Dis belaglik, ek weet.

Baie dinge wat pla..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.