Wilde drome van voëls en eend-bruschetta

EENDE VAN DIESELFDE DAM

Wilde drome van voëls en eend-bruschetta

Die kookboekskrywer LIENTJIE WESSELS word wakker met ’n vreemde smaak in haar mond en begin tob oor waarom Suid-Afrikaners so sku is vir wildevoëls as dit by kosmaak kom.

VROEËR in die week word ek wakker uit ’n droom met die smaak van eend in my mond wat iemand met net sout en peper gemaak het en ek wat dit smaakliker probeer maak met die byvoeging van ’n bietjie sojasous en lemoenmarmelade.

Dit sit my toe aan die wonder hoekom ons Suid-Afrikaners nie regtig ’n smaak vir eend het nie, wat nog te sê vir wildevoëlvleis. Ander voëls as hoender is eintlik heerlik en geurig, mits dit op die regte manier voorberei word. Dis boonop aansienlik meer volhoubaar en wildevoëls is natuurlik nie vol hormone gepomp of aan die hartseer van fabriekboerdery blootgestel nie.

Hierdie weersin in alles behalwe hoender was natuurlik nie altyd die geval nie. In C. Louis Leipoldt se Polfyntjies vir die proe kry ons twee hoofstukke oor gevleuelde wild en hierin verwys Leipoldt na die oudste resep wat hy kon kry – dit was uit 1835 vir patrys in rooiwyn gaargemaak en nog met die hand geskryf...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X