MEVROU, WAT MAKEER?
Ek is nie oukei nie – ek is ’n onderwyser
Die meeste ouers dink hul kinders piepie laventel op ’n Sondag en dat dit jou as onderwyser se voorreg is om hul kind in jou klas te hê. Maar daar is altyd een kind-en-ouer-paar wat bo die res uitstaan, skryf NADIA SNYMAN, en vertel dan van die Engel Gabriël en sy MoederMaria wat haar een Vrydagmiddag in September huilend en bewend by die huis laat aankom het.

Deel
DIS ’n Vrydagmiddag in September. Die weer het al begin draai, maar die hitte laat nog nie die hoenders in die Paarl spontaan ontplof nie. Oor die speakers wil ’n histeriese tannie by ’n verwarde radio-aanbieder weet waar sy ’n klag teen Eskom kan indien; haar yskas het opgepak na die laaste beurtkragsessie en Pappa soek ’n yskoue stywe dop as hy by die huis kom.
Ek sit in my kar voor my motorhuis. Al wat ek moet doen om my naweek amptelik te begin, is om my kar af te skakel, uit te klim om my sleutel in die swaar moonlock te draai en dan die ou houtdeur op te lig. Ja, my motorhuisdeur werk nog met die hand – ek is ’n onderwyser, nie Elon Musk met sy penis-ruimtetuig nie.
Maar ek kan nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel