Gen Z: Die mees bedorwe sneeuvlokkies nóg, of bedrewe, slim...

KLIP IN DIE BOS

Gen Z: Die mees bedorwe sneeuvlokkies nóg, of bedrewe, slim en aanpasbaar?

Dis die eerste generasie wat ná slimfone gebore is wat nou die werkplek betree. Base maak 'n fout om Gen Z se aandrang op geestesgesondheid te ignoreer, skryf CHUNDRÉ FILIPPUS: Die hele toekoms van die werkplek rus immers op hulle skouers.

OP ’n dag bevind ek my op die badkamervloer by die werk. Aan die huil, want alles voel onmoontlik. Ek wens berge en dale val op my.

Miskien is dit omdat my spanleier my die vorige dag voor al my kollegas verneder het. Soos ’n stout skoolkind het hy met my geraas. Toe ek die bewyse na die grootbaas stuur dat die spanleier ’n fout gemaak het, word ek ingeroep. En skielik was die spanleier die slagoffer!

Of dalk is dit omdat ek ’n lid van Generasie Z is, die nuwelinge in die werkplek wat volgens Pew Research (https://www.pewresearch.org/fact-tank/2019/01/17/where-millennials-end-and-generation-z-begins/) ná 1996 gebore is en nou oorvat by die oorspronklike sneeuvlokkies, die millenniërs. (Volgens dieselfde Pew-verslag is millenniërs tussen 1981 en 1996 gebore, wat beteken van hulle is al in hulle 40’s!)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.