Rugbyspelers huil nie – veral nie in Suid-Afrika nie

DONKER KANT VAN PROFESSIONELE RUGBY

Rugbyspelers huil nie – veral nie in Suid-Afrika nie

Die gesprek oor geestesgesondheid in nasionale en internasionale rugby moet net so normaal wees soos dié oor liggaamlike beserings, meen die senter Juan de Jongh. Navorsing toon vier uit elke 10 spelers in Suid-Afrika ly aan simptome wat met psigiese stoornisse geassosieer word. EUNICE VISAGIE en ADRI KOTZÉ doen verslag.

  • 28 Januarie 2022
  • Gesondheid & Omgewing
  • 10 min om te lees
  • artikel 8 van 31
  • Adri Kotzé en Eunice Visagie

DIT sou nie een van die clichés so geliefd onder sommige sportskrywers of oordrewe wees om te sê Juan de Jongh het 'n kultus-aanhang by die Engelse rugbyklub Wasps nie.

Met sy afskeid daar in Junie verlede jaar, voor De Jongh se terugkeer na die Stormers, het sy Wasps-spanmaat Jimmy Gopperth begin huil toe hy vertel hoe die Suid-Afrikaner nie net 'n wêreldklas-senter is nie, maar ook 'n inspirasie op en van die veld. Daar is niemand in die klub of die hele Engeland wat 'n slegte woord oor De Jongh het nie, het Gopperth, 'n Nieu-Seelandse losskakel, gesê. 

Ondersteuners van die klub betuig steeds hulle bewondering op sosiale media: “He really was a class act. Never let us down. Short in stature, but hit like a sledge hammer. We miss him," het een net nou die dag getweet. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.