Versoening of ’n verhoor – waar lê die werklike oplossing?

PLAAS JOU IN ANDER PARTY SE SKOENE

Versoening of ’n verhoor – waar lê die werklike oplossing?

Wie gaan wat wen in ’n dissiplinêre verhoor soos Mark Boucher s’n? wonder DOUW KRÜGER.

IN sy Maandag-bulletin skryf Max du Preez (https://www.vryeweekblad.com/bulletins/2022-01-24-mark-boucher-heling-eerder-as-bestraffing-is-dalk-n-beter-uitkoms/) oor die rassisme-geding waarin Mark Boucher hom nou as sentrale figuur bevind. En hy wonder daaroor en leun oor na die gedagte dat versoening in hierdie geval dalk ’n beter oplossing sou bied as ’n dissiplinêre verhoor. Dis iets om oor diep na te dink.

In my jongdae was ek ’n staatsaanklaer en toe ook, totdat my geld opgeraak het, vir ’n ruk lank ’n advokaat. Dis ’n wêreld van konflik, eis en teeneis en dan, na ’n merske klomp geld spandeer is en ’n lang tyd verloop het, kom daar ’n uitspraak wat dikwels nie een van die partye heeltemal tevrede stel nie. ’n Dissiplinêre verhoor is deel van hierdie familie van konflikbeslegting.

Litigasie is nie noodwendig ’n uitgediende proses of bied altyd swak oplossings nie. Maar litigasie en soortgelyke prosesse word soms oorskat en oorbenut en gaan dikwels met massiewe koste gepaard. Heelwat regspraktisyns maak deesdae, waar gepas, toenemend van konflikmediasie gebruik, eerder as om ’n regsgeding enduit in die hof te probeer voer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.