As die ou agter die stuur nie sy werk verstaan nie, gáán daar...

AGTERSTEVOOR ANC

As die ou agter die stuur nie sy werk verstaan nie, gáán daar ’n botsing wees

Om hemelsnaam, skryf PETER BRUCE, dis nie ooreenkomste wat kapitaliste skep nie, dis kapitaliste wat ooreenkomste skep. En sonder investering is daar geen transformasie nie, geen werksgeleenthede nie, geen gelykheid nie.

DIS verskriklik om 'n ongeluk te sien gebeur. Alles gebeur stadiger. Alles word stil. As dit in die ope is, en op 'n afstand, kan jy nie die geknars hoor nie. Al wat jy sien is die wolk stof en dan die wrak.

Die meeste ongelukke gebeur omdat lesse nie geleer is nie en daar nie ag geslaan is op waarskuwingstekens nie. Só was dit weer die geval die naweek, net mooi toe pres. Cyril Ramaphosa besig was om klaar te speel met 'n paar besige ANC-dae – eers met 'n vergadering van die nasionale uitvoerende komitee en toe 'n groter lekgotla wat ook die alliansievennote, die kommuniste en vakbonde, ingesluit het.

Ná die ANC-klaarspelery was Ramaphosa nog maar in die middel van die ongeluk. 'n Kabinet-lekgotla en 'n staatsrede wag nog op hom. Die bewoording hiervan sal nie in die minste anders wees as vorige pogings nie. En selfs al weet jy nie vir seker hoe die wrak tot stilstand gaan kom  nie, herhaal Ramaphosa homself die heeltyd...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.