Rissiesous vir ’n nuwe begin

KOS

Rissiesous vir ’n nuwe begin

Toe pandemie-PTSV en ’n tierende suidooster ALETTA LINTVELT byna geknak het, ontdek sy die Koreane se geliefde gochujangsous. Sy pak ’n nuwe lewensfase bemoedig aan met hierdie avontuurlike geur.

’N TYD gelede in die middel van die somer toe die pandemie-PTSV my snags paraat-wakker en bedags soos gesmelte plastiek laat voel het. Toe my geliefde strandstappies en senuweestelsel-verkwikkende seeswemmies verboten was. Toe die suidooster my laaste greintjie kalmte en hare vertoiing het.

Toe het my kar soms soos ’n perd wat uit sy stal breek, begin ry en ry en ry. Iets aan die beweeg deur tyd en ruimte het my eindeloos gesus.

Op so ’n dag bevind ek my ná ’n rit kuslangs in ’n deli op ’n ander dorp. Daar op die rak staan een enkele lang, maer botteltjie sous. Sjef Karen Dudley se gesig op die etiket wink my nader. Ek het vir amper 20 jaar in Woodstock gewoon waar Karen se The Kitchen my local was. Sy het die restaurant in grendeltyd gesluit. My huis het ek in dieselfde tyd verkoop...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.