Wie is Bonnie Raitt?

MUSIEK

Wie is Bonnie Raitt?

’n Verslaggewer by vanjaar se Grammys noem haar ’n ‘onbekende’ sangeres. KERNEELS BREYTENBACH stel die saak reg en skryf oor ander beroemde sangers wat ook stories vertel het deur hul musiek.

IN die Londense koerant Daily Mail het ’n groot opskrif dit begin Februarie uitgebasuin: Onbekende sangeres raap Grammy voor die neus van Beyoncé weg.

Daardie “onbekende” sangeres is Bonnie Raitt. ’n Mens sit ’n oomblik verslae en dink. Ná so ’n opskrif is jou ewewig versteur. Natuurlik is daar altyd ’n buitekans dat ’n onbekende persoon iets wen – maar in die konteks van die Grammys? Goed, die verslaggewer moet bloedjonk wees. Foeitog. Jeugdige hubris en onnoselheid, ’n dodelike kombinasie.

Maar is dit nie die onderliggende aard van populêre musiek nie – dat bekendes vinniger onbekend raak as hul musiek? Met die hele bedryf besig om in nuwe bane wedergebore te word ná Covid, en konserte die enigste manier is vir kunstenaars om skatryk te word uit hul musiek, laat Bonnie Raitt se Grammy vir die beste liedjie van 2022 ’n mens besef dat daar nog iets inherent goeds is in die bedryf...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.