Windgat Crosby en Beck, ’n ordentlike tiffie

CROSBY SE EGO | BECK SE TALENT

Windgat Crosby en Beck, ’n ordentlike tiffie

Twee musikante wat dié maand 10 dae uitmekaar dood is, was albei briljant, maar hier eindig die ooreenkoms. David Crosby se ego was ‘groter as Trump’ s’n. Jeff Beck was die ‘toonbeeld van ’n goed gemanierde Engelsman’, skryf KERNEELS BREYTENBACH.

DIT is moeilik om dit te aanvaar, maar daar is wel mense met groter ego’s as Donald Trump. Hulle is veral rocksterre en hulle sorg meestal dat min mense buite hul binnekringe weet hoe daardie koppe raas. As jy musiek aan dermiljoene mense wil smous, moet jy sorg dat hulle van jou openbare persona hou.

Daar is ook sommige wat suiwer op talent en musikale meesterskap gekom het waar hulle is, en wat skynbaar geen verterende ambisie het om deur die hele mensdom liefgehê te word nie. David Crosby was nie een van laasgenoemdes nie. Jeff Beck wel.

Albei sing nou in die hemelse koor. En ons sit met ’n seldsame probleem. Ons weet Crosby was ’n ghwar en ’n lunsriem en ’n sleg mens, maar hy het gesing soos ’n engel, voordoods al. Beck het weer gelyk soos ’n ghwar en ’n lunsriem en ’n sleg mens, maar hy was nederig en het so ’n lae profiel gehandhaaf dat min mense onmiddellik iets kan noem wat hy gemaak het. Dit was eers toe die huldeblyke instroom (Jimmy Page, David Gilmour, Brian Wilson en talle meer) dat mense notisie begin neem het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.