Djokovic – die beste, nie die gewildste

TENNIS

Djokovic – die beste, nie die gewildste

Daar is genoeg redes om hierdie tennisspeler te bewonder as die beste, maar daar is meer redes om nie van hom te hou nie. ZIRK VAN DEN BERG vergelyk die prestasies van Novak Djokovic, Roger Federer en Rafael Nadal op en af van die baan. En die een met die meeste punte agter sy naam is dalk nie die wenner nie.

SPORT is baie interessanter as jy kant kies, as jy wens die een mens of span moet wen. Of verloor, want kant kies téén iemand is ook ’n ding. Maar wat maak jy nou as die ou wat jy wens moet verloor die beste in sy sport is? Die blerrie Novak Djokovic hou net aan met wen, wen, wen.

Toe hy Sondag die Australiese Ope wen, was dit die borselkop-rubberman se 22ste Slam-titel – gelyk aan Rafael Nadal, twee voor Roger Federer, en myle voor enigiemand anders. Hy het ook weer die wêreld se nommereenspeler geword, vir die 375ste week (meer as ’n jaar langer as Federer se 310 weke). En nog is dit het einde niet.

Die ou is goed, waarskynlik die beste tennisspeler ooit. Maar ek laaik hom niks. Ek vind fout met alles van hom. Oor party daarvan kan ek redelike argumente opper, byvoorbeeld dat hy een oomblik kamma te beseer is om te beweeg en die volgende oomblik die bal blitsig doer ver gaan haal. Sy gedrag by tye. Of die simpele gewoonte wat hy gehad het om sy hemp te skeur as hy wen. Ander besware is pure vooroordeel waaroor ek my behoort te skaam. Byvoorbeeld: Die bliksem se hare steek my dwars in die krop. Hy het hopeloos te veel en die goed groei soos gras...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.