Venus van Willendorf van Helsdingen

GETROUD MET 'N TAWWE VROU

Venus van Willendorf van Helsdingen

ZIRK VAN DEN BERG skryf oor sy en sy seun se lamleggende vrees vir paddas en ander goggas, maar in der waarheid is dit 'n verhulde ode aan sy vrou, die statueske, vreeslose Elsabé.

MY seun is taf, sy ma se kind. Ses voet, raps onder honderd kilo's, geen vet om aan te knyp nie. Polisieman. Bang vir goggas.

Anderdag vertel hy my hy het ’n moerse spinnekop in die bad gesien. Ons badkamervenster kyk uit op ’n bos en die venster moet oopstaan, anders muf als hier in Auckland. Verdwaalde goggas kom soms in. Ons noem hierdie een sommer Boris, soos in daai liedjie van The Who.

Boetman is alleen tuis en kan nie hulp inroep nie. Gewoonlik help ons mekaar. Hy gaan soek dus ’n wapen om die spinnekop mee te vermorsel, ’n skoen of ’n koevoet of ’n ding. Maar toe hy gewapen terugkom, is Boris skoonveld. Boetman kyk hier, hy kyk daar. Geen spoor van agt pote nie. Dan is Boris seker in die uitloopgaatjie af, besluit hy. Draai die kraan oop en hoop die water spoel die gedierte weg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.