Zirk van den Berg is ’n vryskutskrywer, oudjoernalis, oudkopieskrywer en oud-PR-man. Wanneer hy nie geld hoef te maak nie, skryf hy stories in Afrikaans en Engels. In die afgelope 10 jaar het sewe romans uit sy pen verskyn. Van hulle het pryse gewen. Hy bly al sedert die laat 1990’s in Nieu-Seeland, maar maak nog dan en wan ’n draai in Suid-Afrika en sy geboorteland, Namibië.
PRYSUITDELINGS
Die sertifikaat op Tana Waitoki se kis
Die prys van pryse word onder meer betaal deur jou deurgesitte sitvlak tydens uitgerekte seremonies. Tana Waitoki en ’n winkelrakpakker laat ZIRK VAN DEN BERG egter besef hy is ’n afgestompte drol.
Deel
ALMAL wen deesdae. Selfs as jy nie eerste kom nie, kry jy in ieder geval ’n prys of sertifikaat vir hard probeer, vordering of ten minste vir deelname. Of, soos daai toekenning wat Homer Simpson op ’n slag gekry het, vir “outstanding achievement in the field of excellence”.
In my kinders se laerskoolsportspanne het jy selfs ’n prys gekry sommer omdat dit jou beurt is. Die speler-van-die-dag-prys is ná elke hokkie- of basketbalwedstryd aan iemand anders toegeken. Die kinders het gou-gou agtergekom hoe die stelsel werk.
Nou nie dat alle pryse so betekenisloos is nie. Maar ook vir die ander is die oorhandiging nie noodwendig die glorieuse geleentheid waarop jy sou hoop nie, het ek eerstehands geleer...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelZirk van den Berg
SkrywerZirk van den Berg is ’n vryskutskrywer, oudjoernalis, oudkopieskrywer en oud-PR-man. Wanneer hy nie geld hoef te maak nie, skryf hy stories in Afrikaans en Engels. In die afgelope 10 jaar het sewe romans uit sy pen verskyn. Van hulle het pryse gewen. Hy bly al sedert die laat 1990’s in Nieu-Seeland, maar maak nog dan en wan ’n draai in Suid-Afrika en sy geboorteland, Namibië.