Dankie, Hermione, al jou werk was toe nié vergeefs nie

DINGE RAAK DONKER VIR ATUL EN RAJESH

Dankie, Hermione, al jou werk was toe nié vergeefs nie

Dit was op haar laaste dag as hoof van die NVG se ondersoekdirektoraat op 28 Februarie dat Hermione Cronje uiteindelik kon aankondig dat die papierwerk goedgekeur is sodat twee van die drie Gupta-broers aan Suid-Afrika uitgelewer kan word, skryf PETER BRUCE.

HERMIONE CRONJE, die voormalige hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat (OD), het nie 'n gelukkige tyd in dié pos gehad nie. Die land was teleurgesteld om in Desember te hoor sy loop ná net twee en ’n half jaar.

Tog kon sy net voor sy weg is vir oulaas 'n bom los deur aan te vra dat Interpol die sogenaamde rooi kennisgewings uitreik aan twee van die drie Gupta-broers agter die staatskapingvloedgolf van R500 biljoen onder die beskerming van die destydse president, Jacob Zuma. Op haar laaste dag op kantoor – 28 Februarie – kon sy aankondig dat die versoek goedgekeur is.

Net sowat 14 weke later het die polisie in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) vir Atul Gupta en sy broer Rajesh in hegtenis geneem. Dit is die enkele grootste stap tot nog toe in die ontknoping van die kaping van die Suid-Afrikaanse staat. Zuma het dalk die tronk vrygespring met die hulp van Arthur Fraser as onderdanige kommissaris van korrektiewe dienste, maar nou is sy betaalmeesters agter tralies en die hel is aan die losbars...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.