Tennis is ’n sport vir verloorders

CENTRE COURT

Tennis is ’n sport vir verloorders

Die rede waarom tennis vir speler en kyker so aantreklik is, kry hy in ’n tatoe op Stan Wawrinka se arm, skryf ZIRK VAN DEN BERG.

ONS besing die wenners, maar in wese is tennis ’n sport van verloorders. Nuusopskrifte kondig graag aan dat die gunsteling geskok was om geklop te word, maar dis nonsens.

Die voormalige kampioene Rafael Nadal en Daniil Medvedev was teleurgesteld om vandeesweek in die vierde ronde van die Amerikaanse Ope te verloor, maar hulle was nie geskok nie. Verloor is absoluut deel van die sport, en elke speler verwag dat dit gaan gebeur, oor redes wat ek hier onder uitstip.

Hierdie inherente swarigheid is een van die redes waarom ek so versot geraak het op tennis. Jy sou kon sê dat die sport die mens se bestaanstryd weerspieël. Om nederlae, teleurstellings en verliese te leer hanteer is ’n essensiële ontwikkelingstaak. Kyk maar hoe gaan kleuters en Donald Trump tekere as hulle verloor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.