Poepholhoender vir een en ander gastronomiese hoogtepunte

SKOONHEID WAT JOU LAAT STRUIKEL

Poepholhoender vir een en ander gastronomiese hoogtepunte

Joodse kerslig en ’n Bach-kantate kan woonstel-cuisine in pièces de résistance omtower, skryf HENK SERFONTEIN.

DIT was ’n gewone Woensdagaand, maar toe flits ’n vars tamatietert verby. Jy klik op die beroemde sjef David Lebovitz se blad en daar pryk dit in volle orgasmiese glorie: tarte salée, of soos ons dit ken as biduurgebak, souttert. Jy eet met jou oë: dik snye bokkaas, vars tiemie op die plomp tamatiewange, dragon en ’n drupsel vars heuning. Jy voel skoon afgunstig op die kulinêre verruklikheid voor jou.

Jy haal nog ’n koekie uit jou pakkie Bakers Lemon Cream Biscuits. Jy proe die kenmerkende soet vulsel. So bekend en gerusstellend, maar tog voel jy so uitgesluit van dit wat voor jou op die skerm afspeel. So naby en tog so ver.

Jy google jou ander gunsteling-sjef, Yotam Ottolenghi, en soek ’n eenvoudige hoenderresep. Jy kies sy boek Simple, die een waar hy op aandrang van sy volgelinge “eenvoudige” resepte gee en nie sy gebruiklike armlengte-lys bestanddele nie. Tog, sy idee van eenvoudig en jou idee van eenvoudig is nie dieselfde nie. Wie het op ’n Woensdagaand za'atar en sumak in die spens?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.