OUMA sit net gou haar lippe op, was die sin wat vir Anna Ziezanna Dirktiena Briedé gewoonlik ’n ekstra vyf minute kon koop. Met lippe het my ouma bedoel haar Revlon-lipstiffie.
Die grimeer-ritueel het só verloop: Eers is die rooisel op haar dunnerige lippies aangebring. Die lippe is styf teenmekaar gedruk sodat die bolip en onderlip twee egalige pienk roosblare kon vorm. Intense rooipienk lippe waarvoor mens omtrent ’n lisensie nodig gehad het. Gereed vir inkopies in Esselenstraat in Sunnyside.
Anna se gesig is gespons met ’n dun lagie outydse poeier wat haar omtower het tot ’n visuele bekoorlikheid. Dit was die soort skoonheid waarin Pretoria en Hollywood net duskant Leeubrug ontmoet. Ek het altyd vermoed dat Ouma heel moontlik geïnspireer is deur Audrey Hepburn se Revlon-lipstiffie met die naam Pink In The Afternoon. Dit was die ene Breakfast At Tiffany's in Bronberghof...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.