Van pieperig tot ’n pokkel wat pikkel

’N SPORT WAT GROEI

Van pieperig tot ’n pokkel wat pikkel

Die p-woord word ydellik gebruik deur ZIRK VAN DEN BERG wanneer hy oor sy lyf praat: pieperig, petieterig, potsierlik. Hy vertel van pikkelbal, die nuwe sport wat hom van hierdie pokkel in ’n prins gaan laat verander.

MY lewenslange vrees om pieperig, petieterig of potsierlik te wees was nie eens genoeg om my aan die oefen te kry nie. Maar toe ontdek ek pickleball. Nou gaan ek tot drie keer per week en spring rond totdat ek sopnat gesweet is. Al lyk ek ... potsierlik.

Ek en sport is lewenslange kwaaivriende. In standerd sewe het ek onder sosiale druk (d.w.s. Afrikaanse skool) begin rugby speel, ’n paar wedstryde vir o.15C, die swakste span wat daar was.

Nou moet jy weet ek is as volwassene onder vyf voet sewe en het in my studentedae die skaal op ’n allemintige 54 kg getrek. Op 14 was daar selfs minder van my. Die arme afrigter was genoop om my iewers op die veld te probeer wegsteek. Ek was te stadig vir skrumskakel en te kleinserig vir haker, en hy laat my toe, van alle dinge, slot speel! My slotmaat was ’n geraamte van oor die ses voet. Ons het ons eie skrum geweldig ontwrig...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.