Die gruwelike avonture van Onderbroekzombie

FLIEKS

Die gruwelike avonture van Onderbroekzombie

BEER ADRIAANSE het Steven Spielberg-drome gehad. Hy het nederig begin as ekstra en goed gevorder tot featured ekstra. Maar die dag toe hy as Onderbroekzombie ingespan is, was ’n knakker vir sy filmdrome.

DRIE jaar gelede bevind ek my in ’n bos waar ek soos ’n afkophoender rondhardloop – koorsig, bloedbesmeer en in slegs ’n onderbroek. Om my is bebloede vreemdelinge aan bome vasgebind. Donderweer trommel dreigend in die verte. Mense staar afwagtend na my terwyl ek ’n baksteen omhoog hou. My broer Jaco skuil agter ’n boom en hou my besorgd dop.

Dit lyk soos ’n toneel uit ’n Amerikaanse True Crime-werklikheidsprogram waar oorywerige polisiebeamptes ’n dronk moeras-hillbilly wat die dorp terroriseer tot in iemand se agtertuin gejaag het en hom nou met oorgehaalde vuurwapens omring. Ek beny die moeras-hillbilly. Hy’t darem nog ’n uitkomkans. Ek het nie, en in dié warboel klink ’n tradisionele Amerikaanse koeëlkombers soos ’n lafenis.

Dis die doodsnikke van my eerste – en tot op hede, enigste – vollengte-film en dit lyk nie of ons dit gaan maak nie. Ek kort meer tyd, meer geld, beter weer, maar meer as enigiets kort ek dringend ’n onderbroekzombie. Dalk sal ’n weerligstraal nie so sleg wees nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.