Dis oukei om alleen te wals

OM NET JOUSELF TE BEÏNDRUK

Dis oukei om alleen te wals

Die trou-DJ is een van die dapperste mense in die wêreld, want misluk hy, is dit voor 'n skare. BEER ADRIAANSE woon 'n troue by waar dit lyk of die laatnag-DJ gaan vou. Hy onthou hoe hy ook 'n ego-dood moes sterf en sedertdien nie omgee om op sy eie te dans nie.

EK bevind myself onlangs in ’n fynboskloof op ’n dansbaan omring deur 20 ander mense in wit geklee, elkeen besig om op die meesleurende maat van ’n stokou volksdans te skoffel. Of ek by ’n paganistiese sekte aangesluit het of nie is onbelangrik – die oomblik was om vele persoonlike redes belangrik. En soos die meeste katarsisse verg dit ’n paar ander sleutelrolspelers se totale toewyding. In hierdie geval my goeie vriend Luca, wat ingestem het om die skof van 02:00 tot 04:00 as DJ by ons vriende se troue te behartig.

Trou-DJ’s is van die dapperste mense in die wêreld. Sommige sal selfs sê dapperder as hartchirurge. Afgesien van die feit dat pasiënte se lewe letterlik in hulle hande is, faal hartchirurge gewoonlik voor slegs ’n paar verpleegsters en ’n assistent-dokter of twee en moet hulle foute bloot aan ’n paar geskokte familielede in ’n privaat wagkamer erken word.

As ’n trou-DJ sink, sink hy voor minstens 100 mense en sal hy vir die res van alle ewigheid deur die ongelukkige paartjie en al die gaste onthou word as die swaap wat ’n andersins perfekte troue bederf het. So ’n DJ swerf dan soos ’n melaatse tussen sportdae en 21ste verjaarsdae as banneling uit die winsgewende troubedryf en gedoem om vir die res van sy dae Boney M se “Going Back West” te speel terwyl dronkes sy luidsprekers as staanplek vir hulle brandewyn-en-coke gebruik...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.