Van grootword op Riversdal tot die kruin van internasionale dekor-joernalistiek. As redakteur van Elle Décor het Laureen Rossouw diep betrokke geraak by Suid-Afrikaanse ontwerp en ontwerpers. Dit bly ’n passie. Nie net om ons unieke aanslag internasionaal te bevorder nie, maar ook om meer Suid-Afrikaners daaraan bekend te stel.
RIVERSDAL SE DINGE VAN DESTYDS
Steyntjie Barber was ’n perdeman
Daar staan hy teen die rooi-en-wit pilaar voor sy barbierwinkel, pure Mafia in sy swart snyerspak. Oorkant die pad in die Princess-kafee sit twee dogtertjies, LAUREEN ROSSOUW, en haar maatjie Kumi, en spaai op die skelm Steyntjie.
Deel
JY’T hom altyd teen die pilaar met die rooi en wit strepe in die Hoofstraat sien staan. Die maer man in die swart snyerspak met die geel angelier op die lapel, bene lui oor mekaar gevou. Soms het hy aan ’n sigaar gesuig, ander kere aan ’n pyp. Casual stylish, eerder as smart. Sy groet was onpersoonlik, maar die boodskap was duidelik: “If you’re looking for trouble, you’ve come to the right place.”
Die binnekant van Steyn’s Hair Saloon is uitgevat in chroom en swart leer. Art Deco – op die Mafia gestyle. Waar hy daaraan kom, het niemand geweet nie, want hy het nie veel gelees nie, ook nie eintlik gefliek nie; hy was ook nie ’n showman nie. Ons het hom wel party Saterdae by die matinee gesien, maar hy’t net vir die voorprente gebly en ná die serial uitgeloop.
Die ding was, Steyntjie was nie ’n haarkapper nie. Hy was ’n perdeman. Die haarkappersalon was die front vir die Tattersalls. Sy klante, dobbelaars en punters. Hy was die agent vir die bookies in die Kaap, die perdespelers op Riversdal se go-to man en my maat Kumi se pa. Dobbel was ’n sonde en die Tattersalls onwettig. Bedags het hy die ingang van sy Saloon heilig bewaak en saans saam met die Du Preez-broers vuurhoutjies gespeel in die Royal Hotel. Sondae was hy in die kerk...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die dag toe die Vetterivier afkom
Die Queen se Riversdal-entourage
The Great Escape
Nie mooi of lelik nie, net modern
Die disko by die Bellevue-hotel
Groene skoene en ’n fes uit Marrakesj
Deel
-
Deel
Laureen Rossouw
Redakteur: Vrye TydskrifVan grootword op Riversdal tot die kruin van internasionale dekor-joernalistiek. As redakteur van Elle Décor het Laureen Rossouw diep betrokke geraak by Suid-Afrikaanse ontwerp en ontwerpers. Dit bly ’n passie. Nie net om ons unieke aanslag internasionaal te bevorder nie, maar ook om meer Suid-Afrikaners daaraan bekend te stel.