DIS 2013 en ek staan op 'n krans buite Gordonsbaai. Voor my staan die akteurs Deon Lotz en Pietie Beyers. Deon het vir Pietie aan sy kroonjuwele beet en hoe harder hy druk, hoe dieper gil Pietie. Hoewel dit soos 'n koorsdroom klink, is dit eintlik 'n toneel in my tweede kortfilm, Beskermhere, 'n heerlike, dog veels te eksperimentele poging om wetenskapsfiksie in die suburbs te pleeg. Dit is nie eens die derde vreemdste ding wat in my kortfilm gebeur nie, en soos die meeste tweede films, tweede boeke of tweede albums nou maar gaan, is oorywerigheid die projek se grootste swakheid. Daar is groot gedroom en nou moet daai drome uitgevoer word.
Die rede hoekom die toneel op ’n regte krans afspeel, is tweeledig. Green screens bestaan in 2013 nog nie werklik plaaslik op enige bekostigbare manier nie, en die draaiboek sê uitdruklik Pietie se karakter moet direk ná hierdie interaksie van die krans afspring. Nie ’n emosionele of metaforiese krans nie, ’n fisieke, tasbare, gevaarlike krans met bonuspunte as dit oor ’n jobbelsee in plaas van ’n seepgladde (en vervelige) dam, toring.
Ons het nie ’n permit om hier te wees nie, ons enigste medic is my vervaardiger, Dirkie (met sy noodhulpsertifikaat en kreefduiksnorkel), en ongelukkig vir my hoofakteur kos ’n stuntman meer as ons hele begroting. Pietie moet werklik van die krans afspring, moontlik selfs twee keer as die skoot nie werk nie. Hy’t vooraf aan my erken dat hy nie gaande is oor hoogtes nie, maar dat hy in die film glo en bereid is om dit te probeer. Ek weet nie hoe mens probeer om van ’n krans af te spring nie, maar ek glo as ek hom, soos ’n perd, tot by die afgrond lei, sal hy die res doen...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.