Jy ís jou klere

KOSTUUMONTWERP

Jy ís jou klere

Kyk volgende keer met aandag na die akteurs op jou skerm – hul persoonlikheid waarin jy vas glo, is in ’n groter mate as wat jy dink deur hulle kleredrag geskep. Diana Cilliers is ’n bekroonde kostuumontwerper wat sorg dat ’n akteur se klere ’n hele verhaal help vertel. Deur ELNA VAN DER MERWE.

“JY is ’n bietjie van ’n air hostess as jy hierdie werk doen. Jy kan nooit streng of naar wees met ’n akteur nie, want op die ou end is dit húlle wat voor die kamera moet verskyn. My job is om die beste film vir gehore te help gee.”

Diana Cilliers is ’n Suid-Afrikaanse kostuumontwerper wie se naam ver buite ons landsgrense bekend is.

“Dis van geen belang of die verhouding tussen my en iemand anders moeilik is nie, so jy is ’n bietjie lugwaardinagtig, want as iemand moeilik is, moet jy dit reg hanteer. As die akteur iets haat en die regisseur wil hê hulle moet dit dra, moet jy op ’n baie mooi lugwaardinmanier almal gelukkig hou.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.