‘Ek verloor ’n Sekoto-tekening in Parys’

JE NE REGRETTE VERSKRIKLIK

‘Ek verloor ’n Sekoto-tekening in Parys’

HENK SERFONTEIN tel lukraak ’n portefeulje met tekeninge op in ’n reuse-buitelugmark en blaai ’n vermoedelik kosbare vonds raak. Sal hy ooit weet of die besluit wat hy toe geneem het die regte een was?

DIT was in ’n portefeulje met tekeninge waardeur ek geblaai het by die Marché aux Puces de Saint-Ouen, die bekende mark in Parys: ’n tekening van drie fors Senegalese mans. Ek het die fassinerende kunswerk op papier versigtig uit die portefeulje getrek. Dit was ’n studie van mans met kufi's op die kop en uitgevat in lang jurke van kentemateriaal. Die figure was sterk met swart ink omlyn. Die warm kleure op die lywe het ritmies in my retina gedans soos versreëls uit N.P. van Wyk Louw se verhalende gedig “Raka”. Die kleure het gegloei soos beswete lywe in die fel son op ’n somersdag in Dakar.

In die tekening het die gees van ’n paar plekke vir my bymekaargekom. My brein het ’n padkaart begin volg en die skakels oopgemaak tussen die verloop van tyd en plek. Dit het my gelei van die Lutherse sendingstasie op Botshabelo na die vyfslaapkamerhuis op die Wonderhoekplaas. Die klank van Dolly Rathebe-jazz in Sophiatown word opgevolg deur ’n kort verblyf in De Villiersstraat, Distrik Ses, in die huis met die okergeel mure. Ná drie weke in Londen word ’n goedkoop hotelkamer op die vierde verdieping van die Île Saint-Louis in Parys betrek.

Ná my verbeeldingsvlug het ek afgekyk na die tekening in my hande. Kon dit ’n verlore werk in gouache en ink wees van Gerard Sekoto? Die Suid-Afrikaanse kunstenaar wat vanaf 1947 vir 46 jaar in ballingskap in Parys gewoon het. Hy is gebore in Botshabelo, wat “plek van toevlug” beteken en hoe ironies dan dat hy moes vlug en sy toevlug vind op ’n ander vasteland...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.