Aangaande Athol, Paula en Babyboy Kleintjies

DIE LAASTE KEER

Aangaande Athol, Paula en Babyboy Kleintjies

Suid-Afrika se grootste dramaturg groet die teater met Concerning the Life of Babyboy Kleintjies volgende week by die Woordfees in Stellenbosch. Saam met sy vrou, Paula Fourie, het hy die toneelstuk geskryf wat hy 60 jaar gelede belowe het hy sou. Deur ELNA VAN DER MERWE.

“SESTIG jaar lank definieer ek myself al deur my nering. Al wat ek ken, is skryf. Die impuls gaan nooit weg nie, dus skryf ek. Maar natuurlik word dit ná 80 nie makliker nie. Ek kan nie meer tik nie, daarom het ek teruggekeer na my mees basiese en vroegste dissipline – my handgeskrewe notaboeke waar ek my waarnemings oor myself en oor die wêreld opteken.”

Op 90 mymer Athol Fugard oor die ouderdom en die lus om af te tree wat steeds gekortwiek word deur die onblusbare drang om te skryf.

“Ek wonder soms of ek nou uiteindelik die luukse van aftrede kan bekostig en elke dag in die son sit en na die voëls kyk en niks dink nie. Maar dan kom die drang weer om woorde op papier te sit en dan skryf ek. Wat ek wel weet, is dat ek op die punt is waar ek die teater in al sy vorms gaan groet, as skrywer, akteur, regisseur. Babyboy Kleintjies is my swanesang.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.