Marmite op toast – dis die Milnerton-vlooimark

HUJAMBO, WELCOME, MOVENI, WELKOM

Marmite op toast – dis die Milnerton-vlooimark

HENK SERFONTEIN verdwaal in die parallelle werklikheid van ’n kattebakmark op ’n Sondag. Dit word bevolk deur mense met tronktatoes, vroue wat verlep soos muurblomme, vreemderige oempamusiek en herinneringe wat van diep uit jou jongdae opwel. Maar dis lekker ook.

SONDAE is die dag om van ritme en rat te verander. Dis die dag waarop ek die lewe teen ’n stadige pas by my laat verbygly soos ’n passasierskip op die horison naby Robbeneiland. Die dag waarop slaaie so spesiaal soos die stuifmeel van bloeisels moet ruik, wanneer sappige spanspek voorgereg word en pynappelskywe met ’n bietjie bruinsuiker in die pan geskroei word vir poeding. Dis die dag vir skoene uitskop en jou oorgee aan sensoriese prikkels. ’n Dag waarop jy baldadig die middelvinger vir die uitdagings van die wêreld kan wys. Dis die dag van vry wees en vry loop en in my geval die dag waarop ek my oorgee aan ’n skattejag by die Milnerton-vlooimark.

As ’n vlooimark ’n toebroodjie kon wees, is die Milnerton-vlooimark Marmite op toast. Dis die plain Jane, die tweede vrou wat net lipstiffie dra wanneer sy so voel. Dis ’n kattebakmark wat op sy eie terme geskied; ’n parallelle wêreld waar weggooigoed ’n verleidelike fopdosser word wat met kastanjette op die tafels cha-cha-cha. Hier word gewone mense kurator van toevallige stillewes. Waar jy ’n Voortrekkerbalkie reg langs een van protes met die woorde “Free Azania” sal aantref. Dis die laaste stasie van oorblygoed en weggooigoed, uitgespoeg deur ons verbruikerskultuur.

Hierdie mark bestaan uit twee ellelange rye, met staanplekke aangedui met geel geverfde strepe soos verkeersreëls op ’n teerpad. By die ingang is daar ’n naïewe kindertekening van ’n meisie wat touspring met wit bordkryt op die teer aangebring. In vloeiende handskrif reg langsaan staan geskryf: Hujambo, Welcome, Moveni, Welkom. Milnerton se Banksy was besig en almal is welkom hier...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.