Hondeklip en huis toe met ’n Spotify-speellys

STAP

Hondeklip en huis toe met ’n Spotify-speellys

Dis die laaste skof van PEET STEYN se staptog van 560 km kuslangs tussen Alexanderbaai en Paternoster. Nou verlang hy huis toe en vat so ’n bietjie kortpad in ’n myntrok.

NIKS en niemand kan my pla as ek eers verby die myn en oor die Spoegrivier is nie. Dan is ek in die Namakwa- Nasionale Park waar ek in vrede voetspore kan los tot by Groenriviermond.

Dis tyd vir dink en verlore raak in ’n sekere ritme en gedagtegang. In die vier dae vul ek my kop met stilte, die see en wind en musiek. In my ore speel ook verse uit Katalekte van Breyten Breytenbach wat ek op my Spotify-speellys afgelaai het. Sy woorde syfer in saamgelapte flarde van iewers anderkant nêrens na die oppervlak net wanneer die stilte soms te veel raak.

My vriend sê dis so groot wêreld
niemand kan dit vol maak met begrip nie
Maar aan die begin was dit leeg
behalwe vir die klippe wat klonte gedagtes van die buite se roep rym is.
My vriend sê dit is wat gebeur met die versteende skaduwees van sterre ...
En om te beweeg is die uitreik na ritme
want hoe anders neem jy die wind se woorde in die gesig?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.