ONS sit drie mense om ’n tafel in Bokkomlaan, Velddrif, en praat oor bokkoms. Dis ek en Johan Tolken en Felicity Stroefveld, kurator van die Visserymuseum op Laaiplek. Sy is ’n bron van kennis oor die geskiedenis van bokkoms. Hy is ’n visserman en in die daaglikse handel en wandel bekend as Apie. Vir diegene wat om redes net bekend aan hulself nie weet wat ’n bokkom is nie, dis ’n harder wat gesout word en dan in die wind gehang word om uit te droog.
Dis ’n haarrggderrg, sê Apie. Hy laat dit klink soos growwe grondboontjiebotter op bruin brood. Eers sluk hy die woord half in voor hy hom weer vorentoe stoot met so ’n effense baritontoon oor die skurwe stukkies agter in sy keel.
“’n Ou oom, oom Awie, het my gesê mens kry sewe soorte haarrggderrgs, ek weet net van twee, die haarrggderrgs met die ronde kop en die haarrggderrgs met die skerp kop.”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Broodbak is soos dig