Klimaatsverandering maak dat ons vroeë...

SÓ KAN LEWENS GERED WORD

Klimaatsverandering maak dat ons vroeë vloedwaarskuwingstelsels sal móét hê

Was die onlangse vloede in KwaZulu-Natal fratsvoorvalle of gaan dit meer gereeld gebeur? Het enigiemand dit sien kom? Kan ons sulke voorvalle voorspel? JUSTIN PRINGLE, senior lektor in omgewingsvloeistofmeganika aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, verduidelik.

SLEGTE weer, reën en vloede is in die meeste Suid-Afrikaners, veral in KwaZulu-Natal, se gedagtes sedert die ramp wat die provinsie verlede week getref het. Daar was besonder swaar reënval aan die kus, met tot meer as 300mm (https://earthobservatory.nasa.gov/images/149720/deluge-in-south-africa) in 24 uur wat in sekere gebiede geval het. Dit is omtrent 'n derde van die jaarlikse reënval in KwaZulu-Natal.

Die reën is deur 'n sterk afsny-laagdrukstelsel naby die ooskus van Suider-Afrika veroorsaak. Afsny-laagdrukstelsels (http://www.eumetrain.org/satmanu/CM4SH/S_Africa/COL/navmenu.php?page=2.0.0#:~:text%20=A%20Cut%2DOff%20Low%20(COL,of%20the%20main%20westerly%20flow%20) kom gereeld in die herfsmaande naby hierdie kus voor en kan vloede en reekse groot golwe (http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S1021-20192012000200005) veroorsaak.

Daar was sedert 2016 jaarliks vloede in Durban. Die storms wat die vloede veroorsaak het, het reënval van 100mm-150mm in 24 uur gebring volgens eThekwini se dataportaal...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.