Oor vyfrandwinkels, Chinese kluitjies en Paul Theroux

ANDERKANT HOND SE GEDAGTE

Oor vyfrandwinkels, Chinese kluitjies en Paul Theroux

Hoe gemaak as jy verby die stereotipes en vooroordele oor Chinese mense wil kom, maar jou pogings om iemand beter te leer ken word met agterdog begroet? PEET STEYN het ’n manier gevind.

  • 08 Oktober 2021
  • Mense & Kultuur
  • 8 min om te lees
  • artikel 11 van 30
  • Peet Steyn

“ALMAL smous, almal spoeg, soms loop die kwyl teen hulle mondhoeke af soos warm kerswas teen die rant van ’n blaker. Hulle loop sleepvoet soos iemand wat graspolle skop, met flappende arms en klein skouertjies soos dié van ’n drawwer. Marionette met hortende, rukkerige ledemate en uitgestrekte hande, hulle maal en ploeter en beur met koppe wat hang. Hulle lyk totaal en al onelegant.”

“Dié mense eet f*%k#n alles, enige iets. Wanneer jy in hulle winkels kom, sit hulle op lere van waar hulle pogings tot diefstal kan waarneem en beduie met kru gebare en geluide vir werkers om jou te wys waar die rak met die Tupperware of die goedkoop ‘brand name'-tekkies is. Die Tupperware hou nie altyd so lank nie en die tekkies is nie altyd die ware Jakob nie. As jy die meme moet glo wat die rondte doen, kon ons vir lank nie in die park met ons kinders gaan speel nie omdat een van hulle mos ’n vlermuis geëet het. Hulle is besig om ons land, of liewer die hele Afrika, stadig maar seker te kolonialiseer. Hulle is ongeskik en smokkel perlemoen. Kan nie eens hallo of koebaai sê nie.”

Die boonste aanhaling kom uit die skrywer Paul Theroux se boek Riding the Iron Rooster: By train through China, wat in 1988 gepubliseer is. Die tweede een kom uit Gesprekke om die braaivleisvuur, ’n “boek” wat daagliks uitgegee word en oor naweke twee keer per dag. Ons almal lees dit terwyl ons oor ons skouer loer soos iemand wat ’n rassistiese grappie in ’n kroeg wil vertel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.