Boekbedonnerd nr. 28 | Aangrypende memoires, chaotiese...

OP ONS LEESLYS

Boekbedonnerd nr. 28 | Aangrypende memoires, chaotiese digterlewens en Avbob-verse

Soos gewoonlik dis DEBORAH STEINMAIR iets na almal se smaak op. Hierdie week kan jy uitsien na ’n lywige leeslys, van boeke wat jou gaan laat huil tot dié wat jou vir ewig anders na die wêreld sal laat kyk en een of twee wat jou op die punt van jou stoel gaan hou.

1. Memoires wat die hartsnare sal roer

Aan die feit dat Annemarié van Niekerk kán skryf is daar geen twyfel nie, maar dié keer skryf sy oor haarself, en spesifiek haar jeug in Suid-Afrika in ’n tyd toe sy haarself aan meer as een taboe (volgens haar pa én die destydse regering) skuldig gemaak het. Die hoop beskaam nie dat ’n plaaslike uitgewer haar nuutste boek sal oppik en in Afrikaans sal laat vertaal nie.

Ek het die finale proewe van Annemarié van Niekerk se memoires, Om het hart terug te brengen, gelees. Kyk, die vrou kan skryf. Sy is in 1962 gebore en was dosent en resensent ter plaatse voordat sy in 2004 na Nederland verhuis het. Sy het vele artikels en drie bloemlesings van Suid-Afrikaanse en Afrika-vroue gepubliseer en in 2019, so dik soos ’n deurdrumpel, My Mother’s Mother’s Mother saam met Pieta van Beek, met die subtitel: South African Women’s Writing from 17th Century Dutch to Contemporary Afrikaans...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.