K-dramas vir die vakansie

10 REEKSE OM TE KYK

K-dramas vir die vakansie

Die skrywer ZIRK VAN DEN BERG het ’n ligte fiksasie met Koreaanse TV-reekse. Hy gee sy lysie vir onontbeerlike kykstof vir die vakansie. Ons kyk ook kortliks waarom die wêreld ’n ding het oor K-TV (nee, nie die een uit die 1990’s nie).

AS jy iets anders soek as tawwe Amerikaners, bedrukte Engelse en stroewe Skandinawiërs bied Koreaanse TV-reekse ’n verloklike (en verslawende) alternatief. Jy moet net eers jou instelling verstel: Verhale ontvou tydsaam en jy moet meestal deur minstens een episode sit om agter die kap van die byl te kom. Heelparty reekse kom eers later regtig op dreef.

Boonop moet jy gewoond raak daaraan dat ’n klompie onverwante karakters dalk dieselfde van het, wat terloops eerste geskryf word. Let dus op die voornaam, wat laaste kom.

Dit help om vooraf te weet dat die bestel in Korea baie hiërargies is, met groot klem op die gepaste eerbetoon vir oueres en meerderes. Weet ook dat mense hulle kieste vol kos stop en dat byna almal hulle besimpeld suip. En offervaardigheid word hoog geag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.