Die uiltjie met die blou oë

KLUBHUIS

Die uiltjie met die blou oë

AT FOURIE skryf oor Nieu-Bethesda se teenswoordige uilkunstenaar, Charles Tromp.

  • 09 Desember 2022
  • Klubhuis
  • 3 min om te lees
  • artikel 27 van 33
  • At Fourie

ONS het so twee weke gelede ’n draai op Nieu-Bethesda gaan maak. Wat ’n ervaring was dit nie. Om hierdie ou gemeenskap te besoek was ’n pluspunt.

Diep in die Sneeuberge naby Graaff-Reinet lê dié klein dorpie, tuiste van die alombekende Uilhuis, waar die ewe welbekende Helen Martins haar ouers se huis geërf en dit baie jare lank bewoon het. Die gemeenskap het blykbaar rondom die lewe van die Martins-geslagte ontstaan. Haar kunswerke is uniek en meer eksentriek as die gewone kunste.

Nieu-Bethesda is ook bekend vir die miljoene jare se fossiele wat daar in die rivierbedding ontdek is. Dit is vir my so treffend dat soveel mense van die 21ste eeu werklik nog glo dat die aarde slegs 6 000 tot 8 000 jaar oud is, terwyl die bewyse, hier op ons spreekwoordelike voorstoep, die teendeel bewys...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.