Swart Vrydag het die koopwaansin begin

TROLLIEWOEDE

Swart Vrydag het die koopwaansin begin

ELMARI BOTHA wou goedkoop toiletpapier gryp, maar 'n dreigende angsaanval het haar gekelder.

  • 02 Desember 2022
  • Klubhuis
  • 6 min om te lees
  • artikel 26 van 32
  • Elmari Botha

DIE fenomeen van Swart Vrydag fassineer my. Ek het gaan oplees oor die ontstaan daarvan. Soos so baie dinge wat ons hier in die suide van Afrika vier, het dit van die “land waar alles moontlik is” oorgewaai. Soos baie dinge waaraan ons so geesdriftig meedoen, het dit ook sy ontstaan te danke aan negatiewe gebeure.

Volgens die webblad footwear.com is die term “Black Friday” gebore toe die goudmark op 24 September 1896 in Amerika in duie gestort het. In 1966 het verkeersbeamptes in Philadelphia die term gebruik om die verkeersnagmerrie te beskryf toe massas kopers die dag ná Thanksgiving na die stad gestroom het om met Kersinkopies te begin. Die webblad brittanica.com wys daarop dat die toestroming van vakansiekopers party jare erger was omdat dit met die groot Army-Navy-sokkerwedstryd saamgeval het. Nog ’n teorie van footwear.com is dat groot winkels begin aandui het dat hulle op dié Vrydag hul beste verkope van die jaar beleef het en daardie dag hulle letterlik vanuit die “rooi” skuld tot in die “swart” van positiewe saldo’s gestoot het.

Die perfekte storm om geld uit te gee..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.